Tel: 018 468-6393 / 468-8173    

       Cell: 079 897 9510

custom-css

.

Languages

Meer Gehoorapparate Informasie

Batterye

Hoeveel groottes batterye is daar?

Gehoorapparaat batterye kom in vier groottes naamlik:

  • Nommer 10 (met ‘n geel kleurkode) Hierdie batterye is die kleinste en word gebruik in die heeltemal-in-die-oor apparate en ook in die klein agter-die-oor apparate.
  • Nommer 312 (Bruin kleurkode) Hierdie battery word vir in-die-oor apparate gebruik asook vir sommige agter-die-oor apparate.
  • Nommer 13 (Oranje kleurkode) Word gebruik in meeste agter-die-oor apparate asook in die groter in-die-oor apparate
  • Nommer 675 (Blou kleurkode) is die grootste gehoorapparaat battery en word gebruik in sterk gehoorapparate.

Hoe lank hou batterye?

Alle batterye het ‘n raklewe van ongeveer twee jaar maar verskil ten opsigte van gebruik. Oor die algemeen hoe kleiner die battery hoe korter sy lewe. Sterker apparate vereis meer krag en die nuwe eienskappe in gehoorapparate veroorsaak ook dat hulle meer batterykrag verbruik.

  • Nommer 10 battery sal ongeveer 3 tot 4 dae hou
  • Nommer 312 hou min of meer ‘n week met 10-15 ure se gebruik daagliks
  • Nommer 13 betterye kan 2 – 3 weke hou en
  • Nommer 675 kan tot 4 weke hou

Hoe moet ek my batterye bewaar?

Batterye het gewoonlik ‘n rakleeftyd van ongeveer twee jaar. Hierdie vervaldatum word agter op die pakkie gedruk. Die beste manier om hulle te bêre is in ‘n koel droë omgewing, weg van direkte sonlig. ‘n Laai of kas is goed.

Is daar ‘n manier waarop ek meer gebruikstyd van my batterye kan kry?

Vandag gebruik ons Zinc Air Batterye, wat veiliger is as die ou kwik batterye. Alle Zinc Air gehoorapparaat batterye het ‘n plakker op die plat (posotoewe) kant. Wanneer hierdie plakker verwyder word, kan lug in die battery invloei en die battery aktiveer deurdat dit met die sink binne in die battery meng.

Om te verseker dat jy ‘n goeie leeftyd uit die battery haal is dit nodig om nie aan die plat kant van die battery te raak nie en om die battery vir twee tot drie minute te laat “asem

 

Watter Gehoorapparaat Is Reg Vir Jou?

Om te weet watter gehoorapparaat reg is vir jou, kan jy die volgende oorweeg:

  • Jou behoefte – die tegniese oplossing
  • Jou voorkeur t.o.v styl – die vorm/ontwerp
  • Jou begroting

Tipes Gehoorapparate 

Dit Gaan Nie Net Oor Voorkoms Nie

Met klein variasie in ag genome is daar vyf basiese style van gehoorapparate. Die verskille bestaan uit grootte, waar die gehoorapparaat geplaas word, waar klanversterking voorkom en die mate waartoe dit klank versterk. Elke styl het voor- en nadele. Dit is dus belangrik dat jjy kennis neem van watter styl jou die beste sal pas. Hierdie basiese style is:

  • Agter-die-oor (ADO)
  • Mikro agter-die-oor (mADO)
  • In-die-oor (IDO)
  • In-die-kanaal (IDK)
  • Heeltemal-in-die-kanaal (CIC)

Agter-die-oor apparate (ADO)

Die gehoorapparaat deel sit agter die oor en ‘n oorstukkie sit binne in die oor. Die oorstuk word gemaak van ‘n afdruk van jou oor en word met ‘n pypie aan die gehoorapparaat geheg. Afhangende van die graad van gehoorverlies kan dit ‘n baie dun pypie met ‘n klein oorstukkie wees.

Die elektroniese dele van die gehoorapparaat sit in die deel agter die oor en daarom is die gehoorapparaatgrootliks bestand teen vog en so te sê immuun teen skade as gevolg van oorwas ADO gehoorapparate hou die langste, het die minste herstel nodig, kan maklik verstel word vir gemak. Die batterye hou gewoonlik 10 – 20 dae. Die apparate kan met enige tipe gehoorverlies gebruik word. Die verskillende oorstukke word aangepas by die graad van die gehoorverlies. Die oop oorstuk is meer gepas vir gering tot matige graad van gehoorverlies. Angesien die kanaal oop bly by hierdie passing, vind die draer dat sy eie stem meer natuurlik klink en die oor nie “opgestop” voel nie. Hierdie apparaat is ideaal vir persone met ‘n hoë frekwensie gehoorverlies

RIC Gehoorapparate (ontvanger in die kanaal)

Hierdie apparaat is ook ‘n agter-die-oor apparaat maar die ontvanger (luidspreker) pas nou in ‘n oorstuk in die oorkanaal in stede van agter die oor in die gehoorapparat. Derhalwe is die apparaat deel nou kleiner Hierdie apparate se voordele is dieselfde as die ADO apparate met ‘n oop oorstul maar kan vir groter gehoorverlies aangewend word. Sodoende kan persone met ‘n groter gehoorverlies ‘n kleiner gehoorapparaat dra. Die leeftyd van die batterye sal egter korter wees (7 – 10 dae)

In-die-Oor Apparate (IDO)

These have the microphone (and all other parts of the hearing aid) contained within a moulded ear piece which sits inside the ear canal. They range in different sizes from a completely in the canal style to a full shell.

They are more susceptible to the effects of moisture and must be routinely cleaned for earwax that can potentially get into the instrument and damage the electronics. They have good longevity but higher repair rate. Battery life is normally good, comparable to BTE instruments (10 – 20 days)

In die kanaal Apparate

Die apparate is so klein dat hulle bykans heeltemal in die oorkanaal sit. Dit is dus ‘n kleiner weergawe van die IDO apparate, alhoewel bietjie minder sigbaar. Hulle vergelyk met die IDO s ten opsigte van herstel en lewensduur maar het ‘n korter battery leeftyd (7 – 14 dae) Die apparate is gepas vir persone met gering tot matig-ernstige gehoorverlies

 

Heeltemal in die Kanaal gehoorapparate (CIC)

Die apparate pas diep in die oorkanaal. Omdat hulle so klein is kan hulle min verstel word as hulle ongemaklik voel, het die minste addisionele eienskappe en het die korste battery leeftyd (4 – 10 dae). Die apparate hou nie so lank nie en moet meer dikwels herstel word. Dit kan gebruik word vir persone met ‘n gering tot matige gehoorverlies

CROS/BICROS Gehoor apparate

Wanneer ‘n person geen gehoor in die een oor het en goeie (beter) gehoor in die ander oor kan hierdie tipe apparate gebruik word. Die mikrofoon aan die slegte oor tel klank op en stuur dit na die goeie oor. Sodoende word binaurale gehoor herstel.

ADOs Domineer Die Mark

In 2012 het agter-die-oor apparate 70, 8 % van alle gehoorapparaat verkope uitgemaak. Die was baie hoër as in 1999 toe dit slegs 20,3% was. Die klein CIC modelle se gewildheid blyk te verminder. In 2010 het hierdie modelle slegs 8,5% van verkope uit te maak en in 2011 slegs 7,7% (HIA Statistical Reporting Program. Third Quarter 2012).

Hoe Om Sukses Te Behaal Met Gehoorapparate (Stap vir stap)
  1. Betrek jou gesin. Kom ons wees eerlik: ons gebruik nie gehoorapparate omdat ons beter wil hoor nie. Ons gebruik dit omdat ons graag ons kommunikasie met ons familie en vriende wil verbeter. Dit gaan hoofsaaklik oor verhoudings. Betrek jou gesin want hulle is die grootste rede waarom jy iets aan jou gehoorverlies wil doen.
  2. Betrek jou huisdokter. Hy/sy behoort betrokke te wees by elke aspek wat jou gesondheid raak. ‘n Gehoortoets mag soms ander gesondheids aspekte ontbloot wat lei tot die behandeling daarvan. Jou huisdokter behoort dus ook op hoogte gehou word van hierdie deel van jou gesondheid.
  3. Stel jou begroting op voordat jy jou gehoor laat toets maar moenie rigied wees nie. Goie kwalitieit gehoorapparate kos tussen R 7000 en R 45000 per oor afhangende van die vlak van tegnologie en die eienskappe daarvan. Moenie spandeer op eienskappe wat jy nie nodige het nie MAAR moenie jouself tekort doen en ‘n goedkoper produk neem wat nie aan jou behoeftes voldoen nie. Kry die beste wat jy kan bekostig.
  4. Neem ‘n famielielid of ‘n vriend/in saam na die afspraak. Die persoon kan jou bystaan, help om die regte vrae te vra en veral help om te onthou wat die antwoorde was. Hy/sy kan jou ook beskerm en aanmoedig om die regte besluit te neem.
  5. Die keuse van ‘n gehoorapparaat berus op die gehoortoets. Gaan na ‘n goeie praktyk met goeie toerusting en met ervare oudioloë.
  6. Vra vrae. Die keuse om voort te gaan met apparate is joune alleen. Daarom is dit belangrik om antwoorde op al jou vrae te kry.
  7. Moenie onder druk voel om te koop nie MAAR wees oop vir die ervaring. Onthou dat jy gehoorapparate kan gaan uittoets in jou eie omgewing. As jy die verskil agterkom is dit in jou eie belang om voort te gaan met die passing
  8. Kies die apparaat wat die beste aanpas by jou behoeftes en begroting
  9. Vra wat van jou verwag word gedurende die passingsproses. Die proses bestaan uit drie stappe naamlik (1) die fisiese passing, (2) die instel van die klank, en (3) instruksies.
  10. Verstaan waarvoor jy betaal. Wat kos die apparate? Wat gaan dit kos as jy besluit om dit nie te neem nie? ‘n Klein hanteringsfooi is redelik maaar dit moet nie buitensporig wees nie. Koste van opvolgafsprake, batterye, skade en herstel, ens
  11. Verstaan jou waarborg. Hoe lank is die waarborg en wat word daardeur gedek of uitgesluit.
  12. Wanneer jou vrae beantwoord is, gaan voort. Jy weet waarskynlik reeds dat jy ‘n probleem ervaar met jou gehoor. Jy het die moeite gedoen om jou gehoor te laat toets. Hoekom nie die oplossing aanvaar nie?

Twee Ore Is Beter As Een

Gewoonlik ervaar mense gehoorverlies in albei ore en behoort daarom twee gehoorapparate te dra. Dit is om hierdie rede dat jou bril twee lense het. Waarom is twee gehoorapparate beter as een?

  • Verstaan spraak beter
  • Verstaan beter in raserige omdstandighede
  • Beter klanklokalisasie
  • Beter klankkwaliteit
  • Klanke klink meer afgerond
  • Wyer omvang van klanke
  • Beter klank identifikasie en diskriminasie
  • Albei ore word gestimuleer
  • Dit word minder uitputtend om te luister
  • Gehoor voel gebalansseerd
  • Meer gemaklik waar daar harde klanke is
  • Meer effektiewe vermindering van tinnitus
  • Beter tevredenheid

Ons het twee oë om meet te sien en twee ore om meet te hoor.

(Better Hearing Institute)