Tel: 018 468-6393 / 468-8173    

       Cell: 079 897 9510

custom-css

.

Languages

Tinnitus

Afrikaans

Sonbesies? Verstaan Tinnitus

Tinnitus word beskryf as ‘die hoor van geluide in die afwesigheid van klanke van buite”. Dit kan beskryf word as : sonbesies, krieke, wind, water wat drup, pulserende klanke, suising in die ore, bye, ens. Tinnitus is nie ‘n siekte nie, maar is gewoonlik ‘n simptoom van ‘n gesondheidsprobleem.

Wat Veroorsaak Tinnitus?
  • Gehoorverlies: Navorsing het bewys dat meer as 80% van persone met tinnitus ook ‘n meegaande gehoorverlies het
  • Geraas: Blootstelling aan geraas kan geraas- induseerde gehoorverlies en meegaande tinnitus veroorsaak
  • Medikasie: Meer as 200 medisynes kan tinnitus veroorsaak en dit kan ook ‘n moontlike newe effek van vele ander medisynes wees
  • Ander gesondheidsprobleme: Allergieë, gewasse, probleme met hart en bloedsomloop, kaak of nek probleme kan ook tinnitus veroorsaak

Wat Kan Ek Doen Om My Tinnitus Te Verlig?

Dikwels moet mense hoor dat daar geen hulp of behandeling vir tinnitus is nie en dat hulle maar “daarmee moet saamleef”. Hulle ontvang egter geen hulp aangaande hoe om dit reg te kry nie. Gelukkig kan ‘n oudioloog van hulp te wees.

Klankterapie,die gebruik klank uit die omgewing om jou aandag af te lei van die tinnitus , was vir sommige mense van hulp. Ander mense vind musiek van hulp of selfs opnames van klanke uit die natuur soos golwe, wind, reën en selfs krieke.

Vermy enigiets wat die tinnitus kan vererger , onder andere rook, alkohol en harde geraas.

Hoe Kan ‘N Oudioloog My Help?

Alhoewel daar geen genesing van tinnitus is nie, is daar goeie metodes waarmee die effek daarvan beperk kan word. Elke metode help nie vir elke persoon nie, wees dus bereid om verskillende metodes te beproef ten einde die een te vind wat vir jou help.

Die behandeling bestaan uit die volgende:

  • Kennis: Kennis is die begin van hulp. Lees oor tinnitus maar besoek jou oudioloog en bespreek tinnitus en die effek daarvan
  • Gehoorapparate: Soos reeds genoem het meeste mense wat tinnitus ervaar ook ‘n gehoorverlies. Die gebruik van gehoorapparate verbeter die hoor van omgewingsklanke en help derhalwe dat die persoon minder bewus is van die tinnitus. Die doel met gehoorapparate is om jou beter te laat hoor en die vermindering van tinnitus is bonus. In sommige nuwe gehoorapparate is daar eienskappe soos Zen musiek of pienk geraas om te help met die behandeling van tinnitus. 28% gehoorapparaat gebruikers rapporteer ‘n matige tot redelike vermindering van tinnitus, 66% rapporteer verligting van tinnitus meeste van die tyd en 29% meld dat gehoorapparate gehelp het om permanente verligting van tinnitus mee te bring
  • Klankgenereerders: Party mense slaap beter wanneer hulle van klankgenereerders gebruik. Dit help soms om na die statiese geruis van ‘n radio te luister of gebruik ‘n eksterne klankgenereerder. Hierdie klankgenereerders kan in of agter die oor gedra word of kan ook ‘n tafel model wees. Hierdie sisteme kan jou help om die tinnitus te ignoreer en aan die slaap te raak.
  • Medikasie: Wees versigtig vir “wonderkure” wat adverteer word.
  • Tinnitus Retraining therapy (TRT): Hierdie behandeling maak gebruik van ‘n kombinasie van klankgenereerders, gehoorapparate en berading. By Michaelides en Vermaas volg ons die Jastreboff model van tinnitus terapie. Angela en Renate het albei opleiding ontvang by Dr Pawel Jastreboff. Die neem tyd vir die behandeling om te werk, maar wees geduldig, dit is die moeite werd
  • Ontspanning: Dit help baie om te leer om te ontspan wanneer die tinnitus jou teen die mure uitdryf. Dit blyk dat stress tinnitus laat vererger. Wanneer jy leer om te ontspan staan jy ‘n beter kans om die tinnitus te hanteer
  • Begin voor: Laat jou oudioloog diagnostiese toetse doen en ‘n volledige plan met jou bespreek