Tel: 018 468-6393 / 468-8173
Cell: 079 897 9510
Welkom By Die Michaelides & Vermaas Gehoorsentrum In Klerksdorp
Angela Michaelides en Renate Vermaas open Die Gehoorsentrum op 2 Oktober 1992 en dien sedertdien die gemeenskap van die KOSH (Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein) asook die groter omliggende streke.
Die groot aantal jare wat hulle reeds in die gehoorindustrie werksaam is, is ‘n testament van hulle professionele diens. Angela en Renate woon gereeld lesings en kongresse by ten einde hulle kennis uit te brei en op hoogte te bly van die nuutste navorsing en tegnologie. Sodoende verseker hulle dat die mense van die platteland steeds die beste diens net hier in die platteland ontvang.
Die vennote is geregistreer by die HPCSA en is ook lede van SAAA (South African Association of Audiologists), SASLHA (South African Speech, Language and hearing Association) en ISA (International Society of Audiology).
Hulle ontvang ook toekennings. Phonak Suid Afrika ken ‘n “Lifetime Achievement” toe vir diens aan die gehoorgestremde gemeenskap. Die Rotariërs van Klerksdorp oorhandig ‘n sertifikaat van Diens aan die Gemeenskap.
Saam het Angela en Renate meer as vyftig jaar ondervinding op die gebied van gehoor en gehoorverlies . Die ondervinding en kennis rus hulle volkome toe om enige persoon met ‘n gehoor probleem te kan help.
Michaelides en Vermaas is daaraan toegewyd om ‘n verskil te maak in mense se lewens en sodoende ook aan die breër gemeenskap.
Waarhom M & V Besoek ?
Oudioloë voltooi ‘n vier jaar graad met intensiewe akademiese en kliniese opleiding op die gebied van gehoor, gehoorverlies en die effek daarvan op kommunikasie. Derhalwe is die oudioloog betrokke by die toets, diagnose en hantering van gehoor, tinnitus en balans.
Hantering van gehoorverlies mag insluit die verwysing vir mediese sorg of die passing van toepaslike klankversterking