Oor Ons:

Ons Storie
Jou Gehoorsorgverskaffer sedert 1992
Michaelides en Vermaas is in 1992 gestig.
Die Oudioloë Michaelides & Vermaas het die Gehoorsentrum in 1992 gestig en dien al vir 30 jaar die gehoorgestremde KOSH en omstreke gemeenskap. Die hoogs gekwalifiseerde vennote Angela Michaelides & Renate Vermaas voldoen aan die gehoorbehoeftes van al hul kliënte – insluitend die pasgebore babas wat hulle na geboorte bedien. Hul jarelange bestaan in die gehoorbedryf is ‘n bewys van hul professionele diens. Angela & Renate woon gereeld seminare en konferensies by om hul kennis op te dateer met die nuutste tegnologie en navorsing. Dit verseker dat hulle ‘n omvattende diens aan hul kliënte lewer. Die vennote is by die HPCSA geregistreer en is lede van SAAA (South African Association of Audiologists), SASLHA (South African Speech, Language and Hear Association) en ISA (International Society of Audiology). Die vennote is gekwalifiseer op die gebied van gehoorapparate sowel as elektrofisiologiese toetsing.
Gratis opvolgdiens vir tot 1 jaar. Bepalings en voorwaardes geld.
Hoekom Michaelides & Vermaas?
01.
Ons glo dat 'n ingeligte pasiënt die beste besluite neem
Hoe meer jy weet van gehoorverlies en die verskillende gehoorapparate wat beskikbaar is, hoe beter is jou kans om sukses met gehoorapparate te behaal. Daarom probeer ons om jou op elke manier die beste inligting te gee om jou ‘n geleentheid te gee om ‘n ingeligte besluit te neem.
02.
Ons ervaring bied jou die spesiale diens wat jy verdien
Ons het baie jare ondervinding in die evaluering, aanpassing en leiding van pasiënte op die pad na beter gehoor. Hierdie ervaring stel ons in staat om ‘n omvattende “beter gehoor” behandelingsprotokol saam te stel.
03.
Deeglike toetse maak seker ons verstaan jou gehoorverlies
Ons gevorderde diagnostiese ondersoeke is deeglik en akkuraat en gee ‘n omvattende beeld van watter klanke en luistersituasies jou probleme veroorsaak
04.
Nuutste tegnologie om jou gehoorvermoë te maksimeer
Ons maak gebruik van die wêreld se beste vervaardigers, wat jaarliks $180 miljoen en meer aan navorsing bestee. Op hierdie manier bied hulle ons ‘n reeks van die mees gevorderde gehoorapparate beskikbaar (teen ‘n verskeidenheid pryse)
05.
Presiese gehoorapparaatpassing en programmering
Selfs die duurste en gevorderde gehoorapparate kan frustrasie veroorsaak as hulle nie by jou gehoorverlies en leefstyl aanpas nie. Ons het ondervinding in die keuse van die beste toestel vir jou behoeftes gebaseer op jou toetsresultate. Ons gebruik gevorderde metodes om seker te maak jou toestelle is gemaklik en dat jy die maksimum oudiologiese verbetering kry
06.
Opvolgbesoeke verskaf jou volgehoue persoonlike diens
Jou verhouding met ons strek veel verder as die eerste pas. Jou opvolgsorg behels die versorging van jou gehoorapparaat, batterytoevoer en, indien nodig, verdere programmering wanneer nodig.
07.
Ons is mal oor ons werk!
Beter gehoor en verbeterde kommunikasie in ons pasiënte se lewens is ons passie. Dit is vir ons ‘n voorreg om mense te help om weer met hul geliefdes te skakel. Ons streef daarna om sulke bande sterker te maak en word voortdurend gemotiveer wanneer ons die suksesverhale van ‘n beter lewe deur beter gehoor hoor