Slide 1

Het jy 'n gehoorprobleem?

Michaelides & Vermaas is opgelei in die voorkoming, diagnose en nie-mediese behandeling van gehoor by volwassenes.

Slide 1

Ons sorg vir jou Gehoor Sedert 1992!

Michaelides & Vermaas bedien die gemeenskap van Klerksdorp sedert 1992. Laat ons jou bystaan!

Slide 1

Hoor en ervaar al
die klanke van die lewe!

Ons glo vas dat almal se gehoor kosbaar is.
As jy glo dat jy enige gehoorprobleme het, laat ons jou bystaan!

previous arrow
next arrow

Gehoortoets

Dit is onmoontlik om die regte gehoorapparaat te kies sonder om eers jou gehoor te laat toets.

’n Volledige diagnostiese evaluering van jou gehoor sal normaalweg uit die volgende bestaan:

  • Otoskopiese ondersoek: – om die status van die buitenste oorkanaal te evalueer.
  • Tympanometrie – om die funksie van die middeloor te evalueer.
  • Suiwertoon Lug- en
  • Beenoudiometrie – waar jy piepklanke op verskillende toonhoogtes (frekwensies) sal hoor om te evalueer hoe goed jy hoor.

    Hierdie toets vind in ‘n klankdigte stand plaas.
  • Spraakdiskriminasietoets – om te bepaal hoeveel die gehoorverlies jou vermoë om spraak te verstaan, beïnvloed.
  • Die diagnostiese toetsbattery kan dus bepaal of jy ‘n gehoorapparaat nodig het, en of die oorsaak van die gehoorverlies met medikasie of deur chirurgie behandel kan word.
  • Die resultaat van die gehoortoets word op ‘n grafiek wat ‘n oudiogram genoem word, geplot.
  • DIE OUDIOGRAM

    ‘n Oudiogram is ‘n grafiese voorstelling van jou gehoorvermoë. Tydens die toets sal jy verskillende toonhoogtes hoor. Hierdie resultate word op ‘n grafiek geteken.

    Die horisontale lyn onderaan die grafiek verteenwoordig die verskillende toonhoogtes. Die lae tone (soos die enjin van ‘n motor) aan die linkerkant en die hoë toonhoogtes (soos ‘n voël wat sing) aan die regterkant.

    HOOR DIE WERELD

Bel ons en maak 'n afspraak!

Bel ons eenvoudig en maak ‘n afspraak. Ons is hier om te help! Michaelides en Vermaas, u gehoorverskaffer sedert 1992.